Menu Close

Welkom

Welkom by die Boere Vertaling

Die Boere Vertaling is ’n nuwe Afrikaanse Bybelvertaling met ’n eenvoudige doel: om die Woord van God so getrou, duidelik en letterlik moontlik in Afrikaans weer te gee, en dit vrylik aan almal beskikbaar te stel.

Ons glo dat die Woord van God nie aan ’n uitgewer, organisasie of instelling behoort nie. Daarom is die Boere Vertaling waarlik vry. Daar is geen kopieregbeperkings wat die verspreiding daarvan verhinder nie. Enigiemand mag die vertaling lees, aflaai, kopieer, deel, druk, publiseer en versprei — selfs verkoop. Geen toestemming of lisensiegeld is nodig nie.

Die vertaling streef daarna om so na as moontlik aan die oorspronklike Hebreeuse en Griekse teks te bly, sonder om die betekenis onnodig te parafraseer of volgens moderne modes aan te pas. Terselfdertyd word daar gestreef na duidelike, natuurlike en verstaanbare Afrikaans.

Die naam Boere Vertaling weerspieël die besondere Afrikaanse karakter van die vertaling in ooreenstemming met die Boer se ewige strewe na vryheid, maar die Bybel self behoort nie aan een volk of groep nie. God se Woord is vir almal. Elkeen is welkom om hierdie vertaling te lees, te gebruik en verder te versprei.

Die eerste waarlik vrye Afrikaanse Bybelvertaling — sonder kopiereg, sonder beperkings. Lees dit. Deel dit. Kopieer dit. Druk dit. Verkoop dit. Die Woord is vry.

Verdere inligting

Die Vierkleur word hier nie bloot as ’n politieke simbool gebruik nie, maar as ’n uitdrukking van bepaalde Christelike en volksgebonde oortuigings, wat nie beperk is tot die volgende nie, maar wel insluit:

  • Ons glo dat die Afrikaner-Boerevolk, soos ander volke, die reg het om sy eie volksbestaan, taal, kultuur en erfenis te bewaar en om na vreedsame selfbeskikking in ’n eie vaderland te strewe.
  • Ons glo verder dat geen staat waarlik godsdienstig neutraal is nie en dat ook die burgerlike owerheid onder die heerskappy en wet van God staan. Kerk en staat het onderskeie, Godgegewe roepings, maar die staat behoort nie van die waarheid van God se Woord afgesny te word nie. Die staat kan dus nie onafhanklik van die kerk staan nie. Soos die Levitiese priesters die wet moes bewaar en onderrig, soos Natan koning Dawid uit die Woord van God ingelig het, en soos die koning self ’n afskrif van God se wet moes besit en daarvolgens moes regeer, behoort die owerheid ook vandag deur die kerk ingelig te word.
  • Dit is vir ons nie in die eerste plek ’n politieke party of beweging nie, maar ’n lewens- en wêreldbeskouing waarby mense hulself vreedsaam kan verenig. Die simbole verteenwoordig dus ‘n oortuiging waarby ware volksgenote hulself kan vereenselwig.
  • Ons glo die staat se rol behoort grotendeels beperk te word tot die handhawing van reg en geregtigheid, ooreenkomstig God se wet.
  • Kerk, gesin, onderwys, eiendom, en so meer hoort nie deur die staat bestuur te word nie. As voorbeeld, eiendomsbelasting is ‘n afvalligheid, want die aarde behoort aan die Here, nie die staat nie. Deur om eiendomsbelasting te eis, stel die staat hulself in die plek van God.
  • Ons verwerp die reënboognasie met sy globalistiese en kommunistiese oortuigings.
  • Ons verwerp die huidige Suid Afrikaanse vlag en wat dit verteenwoordig as ‘n teenstrydigheid met die bostaande oortuigings.
  • Ons verwerp die Joodse geldmag.  

Die Boere Vertaling met die gepaardgaande simbole verteenwoordig dus ‘n holistiese oortuiging, naamlik, nie net ‘n geloof vir die individu nie, maar ook ‘n spasie vir ‘n verbondsvolk om daardie geloof getrou uit te leef.